Cantitate/Preț
Produs

TERREUR EN BEVRYDING

Autor Leopold Scholtz
Paperback – 9 mar 2022
Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik 'n eeu terug begin delf. 'n Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz. In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van 'n beoogde revolusie in twee fases: 'n nasionaal demokratiese revolusie - 'n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid - gevolg deur 'n Marxisties-Leninistiese "diktatuur van die proletariaat". Volgens Scholtz sou dit 'n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring. Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur 'n deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur 'n voortsetting is van 'n kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.
Citește tot Restrânge

Preț: 14711 lei

Puncte Express: 221

Carte tipărită la comandă

Livrare economică 19 octombrie-02 noiembrie

Livrare prin curier în România Termenul estimat este afișat lângă disponibilitate.
Transport gratuit de la 40000 lei Plată online sau ramburs, în funcție de opțiunile comenzii.
Retur gratuit în 14 zile Comandă securizată și suport în română.

Specificații

ISBN-13: 9781776191673
ISBN-10: 1776191676
Pagini: 336
Dimensiuni: 152 x 229 x 19 mm
Greutate: 0.49 kg
Editura: Jonathan Ball Publishers