Cantitate/Preț
Produs

Monochroom Reenboog

Autor Andre Fourie
Paperback
"Wat is lewensgetrou?" mag baie mense wonder. Tereg ook. Met hierdie boek poog die skrywer om so "lewensgetrou moontlik" 'n prentjie te skets van 'n bepaalde omgewing tydens die 1960's en 1970's in Suid-Afrika - gesien uit die oogpunt van 'n Afrikaanse seun. Dit is belangrik om daarop te let dat daar destyds, soos vandag, 'n veelvoud van omgewings was met verskillende belewenisse daarvan. Hierdie boek probeer om een so 'n belewenis uit te lig. Daar mag woordkeuses wees wat gaan seermaak en ontstel, beskrywings en woorde wat vandag waarskynlik polities nie korrek is nie. Die skrywer glo egter dat outentisiteit in die slag sou bly sonder genoemde woorde en beskrywings. 'n Groot gedeelte van die boek is op ware gebeure gebaseer, maar om die identiteit van persone te beskerm, is name en heel dikwels konteks verander en 'n goeie skeut fiksie is bygevoeg. *** Die termometer wat aan 'n boomtak in die basis hang, het vroegoggend reeds by 31 grade celsius verby beweeg, op pad 51 toe, soos gister. Caprivi, 1976. Die groep jongmanne is gereed en wag ongeduldig dat die kapelaan klaar moet bid vir "ons bewaring in die aangesig van die vyand" en dat almal weer veilig basis toe sal terugkeer. Vier Unimogs staan gereed en die ekstra ammo le swaar op Abrie se rug. Sy browns slaan reeds donker sweetvlekke uit en die son steek sy nek waar hy met geboe hoof staan, boshoed voor die bors. Later sou hy wonder of dinge anders sou uitgewerk het as hulle daardie oggend dalk met groter erns saam met dominee Kasselman gebid het. Almal het nie teruggekeer nie... Maar wag, hierdie is die verkeerde kant. Die storie begin heelwat vroeer..."
Citește tot Restrânge

Preț: 10289 lei

Puncte Express: 154

Carte disponibilă

Livrare economică 18 iunie-02 iulie

Livrare prin curier în România Termenul estimat este afișat lângă disponibilitate.
Transport gratuit de la 40000 lei Plată online sau ramburs, în funcție de opțiunile comenzii.
Retur gratuit în 14 zile Comandă securizată și suport în română.

Specificații

ISBN-13: 9781507659397
ISBN-10: 1507659393
Pagini: 270
Dimensiuni: 152 x 229 x 15 mm
Greutate: 0.4 kg
Editura: CREATESPACE