Fiela se kind
Autor Dalene MattheePaperback – 1985
Preț: 125.57 lei
Puncte Express: 188
Carte tipărită la comandă
Livrare economică 08-22 iulie
Livrare prin curier în România Termenul estimat este afișat lângă disponibilitate.
Transport gratuit de la 400.00 lei Plată online sau ramburs, în funcție de opțiunile comenzii.
Retur gratuit în 14 zile Comandă securizată și suport în română.
Specificații
ISBN-13: 9780624088400
ISBN-10: 0624088405
Pagini: 434
Dimensiuni: 124 x 201 x 27 mm
Greutate: 0.45 kg
Editura: NB Publishers, DIV of Media 24 Boeke Pty Ltd
ISBN-10: 0624088405
Pagini: 434
Dimensiuni: 124 x 201 x 27 mm
Greutate: 0.45 kg
Editura: NB Publishers, DIV of Media 24 Boeke Pty Ltd
Notă biografică
Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan 'n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang. Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: 'n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was 'n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar 'n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn. Kringe in 'n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was 'n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn. Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich 'n Switserse literatuurprys ontvang vir haar "lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming". Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.